DIE BALSAK

So dis alweer met ‘n bitter-soet gevoel dat ek hierdie uitgawe van DIE BALSAK tik. Bitter, want ons geliefde #ProteaFire was alweer niks meer as n flikkerende kersie in die donker gang waar drome gaan om dood te gaan. Soet, want ons het darem dit reg gekry om Italia te wen oor die naweek, alhoewel dit als behalwe oortuigend was.

Vir omtret 65minute was dit n bore-fest. Geen span kon enige iets regkry nie. Eers toe Heyneke die reserwes opbring het daar n bietjie vuur in die span ingekom. Willie Le Roux het net weereens gewys dat hy meer die bal moet kry. Ek sê nie sit hom op loskakel nie, maar aangesien die Springbokke op n goeie dag, nie die bal verby die Nr 13 kry nie, moet hy ongelukkig maar vir werk gaan soek….of minder verdomde Gary Owens skop. Lood en Julian Redelinghuys en selfs Nizaam het ‘n sigbare verskil gemaak toe hulle opkom. Bismark het ook….maar vir die verkeerde redes. Dit is skrikwekked dat hy nie meer die bal vir sy eie spelers in die lynstane kan ingooi nie. En ek hoop Heyneke besef nou dat hy nie meer die eerste keuse Hakker is nie…

Anyway, genoeg gemoan…..

Lolstralia het ons alweer nie teleurgestel nie, en dit is AWESOME!!! In n wedstryd waar Ierlandland ‘n speler met moontlik harsingskudding moes opbring om ‘n speler met versekerde harsingskudding te vervang, het net weer gewys dat die Iere dalk n dark horse is vir volgende jaar se WB. Wel….dis seker so vir elke WB, maar die keer rerig… Australië gaan seker nou weer vir Kurtley Beale blameer, aangesien hulle amper al hulle verskonings laas week opgebruik het.

Die All Blacks het soos voorspel die Wallisse maar net weer terug Aarde toe gebring met n 30 punt wen oor die over rated Dragons. Nie veel om by te se nie behalwe BHWUAHAHAHAHA!!!!!!

Nou moet ons net seker maak ons trap nie in die “Laaste game van die jaar” gat volgende week nie.

In’ n laaste brokkie nuus. Bakkies Botha het besluit om nou FINAAL uit internationale rakbie uit te tree. Nou ek kan niks sleg se oor die Legend van SA Rugby nie. Hy was/ is een van die beste spelers wat ons al ooit op die rugby veld gebring het. Neem aan die Bakkies Boerewors gaan nou meer geld maak as Apple…

Tot volgende keer.

2873180311 article-0-02079C82000004B0-204_468x500 Victor-Matfield-Bakkies-Botha 330392-b5548fde-3265-11e4-b9e7-d00f86afd90e

DIE BALSAK

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s